Egskeiding

Egskeiding self is nie altyd negatief nie.  Die gedrag van die kinders is meer as gereeld negatief a.g.v. die gevoel van onsekerheid oor wat gaan gebeur na die egskeiding.

Die vlak van konflik tussen ouers en hoe ouerskap geimplimenteer word na die egskeiding speel ‘n groot rol.

Vir kleuters draai hul lewens om hulle familie, veral hul ouers.  Kinders het ‘n sterk “siening” dat daar net een regte manier van ‘n familie is.  Dit is ‘n ma en pa saam.  Enige iets anders as dit skep ‘n “verraad” of “konflik” in hul basiese verstaan van die lewe.  Meeste kinders is dan ook geneig om albei ouers op ‘n stadium in hulle lewe te verwyt.

Kinders beskik ook oor die persepsie dat ouers alles kan hanteer.  Daar is nie ‘n probleem te groot vir hul ouers om te hanteer nie.  Kinders sien hul ouers as helde wat al hulle behoeftes kan bevredig. ‘n Egskeiding breek hierdie “veiligheidsnet” waarin hulle glo, en hulle geloof in die ouers se vermoë om vir hulle te sorg, of die beste besluite vir hulle te maak.  Daar word beweer dat ‘n egskeiding meer traumaties is as die dood, aangesien ‘n egskeiding die gesin in twee skeur, waarby die dood die oorblywendes nader aan mekaar bring.

Egskeiding het ‘n groot effek op ‘n kind se emosie en gedrag.  Net soos die ouers ervaar kinders baie verwarrende emosies.  Ouers is egter in die posisie om hul gevoelens en emosies te kan hanteer.  Kinders is nie altyd in staat om hierdie pyn te hanteer of te verwerk nie.

Kinders word gekonfronteer met ‘n situasie wat skielik omkeerbaar verander, waar hulle ook magteloos voel om iets daaraan te doen.

Onsekerheid kom na vore, daar is waardevolle omgewings, persone of herinneringe wat verlore gaan.  Hulle gaan dalk moet trek, of van skool verander.  Hulle standaard van versorging gaan verander.  Ontwrigting kom na vore.  Hulle moet ook saamleef met die verlies van ‘n ouer in hulle daaglikse lewe.  Dalk afstand doen met hul geliefde kamer,  speelplek of troeteldier.  Hulle ervaar baie intense magteloosheid en leegheid.

Kinders onder 9 jaar is geneig om hul self te blameer. (Onthou kleuters is van natuur egosentries).  Kinders dink gewoonlik dat hulle die skeiding kon keer as hulle meer gehoorsaam was, of beter by die huis gehelp het.  Hulle ervaar irrasionele vrese asook gevoelens van verwerping.

Angs, vrees, onsekerheid, teleurstelling en skuldgevoelens is die mees algemeenste gevoelens wat kinders ervaar.  Dit kan hul gedagtes begin oorheers en dit kan ook lei na ‘n fisiese effek op die kinders.  Hoofpyne,  aanhoudende moegheid, verlies van eetlus en maagpyne agv ingehoue spanning.  Die warboel van emosies kan lei dat die kind tekens van depressie toon.

Seuns is geneig om meer rebelse en aggressiewe gedrag te toon.  Meisies het geneigdheid om meer angstig te raak, en hulself te onttrek.  Hulle raak ook op ‘n vroeër ouderdom seksueel aktief.  Hulle streef na “vaderliefde” en kan dit maklik verwar met “kalwerliefde”.

9-13 jariges het die teenoorgestelde reaksie.  Hulle voel verraai deur hul ouers, hul sukkel dus om hulle ouers te vertrou.  Kinders word baie vinniger selfstandig en voel hulle moet na hulself omsien.  Hul voel dat ouers hul eie behoeftes voor hul kinders se behoeftes sit.

Dit skend hulle prentjie van die wêreld en verhoudings vir die res van hulle lewens.  Baie tieners glo dan nie in die huwelik of in die liefde nie.

Na ‘n egskeiding voel kinders ouers soek net hul eie geluk en gee nie om oor hulle nie.  Ouers voel meestal dis prioriteit om hulle eie behoeftes eerste te stel en weer die stukke van hul lewe op te tel.  Kinders ervaar dit as verwerping en voel alleen, veral as daar weer getrou word, want ouers kies hul nuwe familie en nie die kind nie.

Kinders kom regtig nooit oor ‘n egskeiding nie.  Hulle word herhaaldelik gekonfronteer met daardie “verlies”.  Dit agtervolg hulle … met spesiale geleenthede, skoolfunksies, vakansies, sport, verjaarsdae, troues, ens.  ‘n Kind wat deur ‘n egskeiding gaan sal altyd ‘n verlies ervaar.

Hoe hanteer ons as ouers egskeidings?  Moet nie vergoed vir die skeiding of die kinders se pyn deur geld te gee, klere en juwele te koop of kits kosse te koop nie.  Luister, verstaan en hoor!!  Gee net hope liefde en aanvaarding.  Wees streng en behou goeie gesonde grense.
Moenie kinders te veel ontwrig deur ‘n hele nuwe lewensstyl te vining te kweek nie.  Hou kinders by roetine en verander stelselmatig.  Moet nie enige verhouding aanknoop met ‘n ander maat voor die kinders gestabiliseer het nie.  Moet nie die afwesige ouer voor die kind kritiseer nie, en moet nooit die kinders gebruik om mekaar te manipuleer nie.

Besef kinders het ‘n ma en pa nodig.

Gee hulle liefde, veiligheid, stabiliteit en sekuriteit.  Dit kom net met gesonde dissipline, van albei partye.  Wees ten alle tye daar en beskikbaar, spandeer gesonde, kwaliteit tyd saam met jou kinders.

Verseker die kinders dat hulle geliefd is en versorg sal word.  Laat hulle verstaan dat jy beskikbaar is, verstaan en dat jy hulle aanvaar.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top