Gespesialiseerde Baba, Kleuter- en Naskoolsentrum
Ons Skool
Waar het alles begin?
30 jaar gelede het Seugnet Louw se droom van ‘n unieke gespesialiseerde Kleuter- en Nasorgsentrum begin realiseer. Na baie navorsing, konstante soeke na die perfekte kurrikulum…is Ietzi Pinkz…Ietzi Groenz… gebore. ‘n Plek waar kinders met glimlagte hulself kan wees en met positiewe leiding kan groei. Ons is baie trots op dit wat elke “Ietzi Pienker” al bereik het en steeds bereik. Ons het al volwassenes opgelewer wat ongelooflike prestasies behaal het.
Ietzi Pinkz…Ietzi Groenz… streef na maksimale ontwikkeling op verskeie vlakke. Ons kleingoed word ontwikkel en ontgin om hul beste SELF te wees. Ons het dieper gaan kyk na kinderontwikkeling en die 5 belangrikste aktiwiteite by ons kurrikulum en skoolfonds ingesluit… Sportontwikkeling, Kreatiewe Kuns, Rekenaars, Kinderkinetika en Klasmusiek.
Ons Swemskool (verhitte swembad op die perseel) help ook met refleksintegrasie en spierontwikkeling.
Ietzi Pinkz Ietzi Groenz doen kinderontwikkeling op ‘n ander vlak. Met behulp van ‘n hoogsgekwalifiseerde personeel en terapiekorps verrig ons wondere met die kleingoed.
Ons terapeute gee terugvoer en ouerleiding word aangebied om te verseker dat ons kinders met ‘n gebalanseerde basis grootmaak. Met hope liefde, goeie versorging en heerlike etes rond ons ons dienste af.
Naskool
Met ‘n fantastiese onderwyskorps en met Seugnet se vennoot, Werner Weber, aan die stuur van die Gr. 1 tot Gr. 7 naskool kan Ietzi Pinkz…Ietzi Groenz… met trots sê ons Nasorgsentrum is van die BESTES. Alle huiswerk word GESPESIALISEERD gedoen. Leiding word deur goed opgeleide personeel met baie ondervinding aangebied. Eksamentye word professioneel benader. Aan ons uitslae kan jy sien dat elke leerder sy potensiaal suksesvol bereik. Ons “hoofdetoekennings” is volop en boek word gehou van elke leerder se prestasies. Indien leerders aktiwiteite by Laerskool Rooihuiskraal het, word hul gevat en weer teruggebring. Ons bussiediens is teen ‘n ekstra fooi beskikbaar vir aktiwiteite wat in die omgewing aangebied word (bv karate, dans, lees, ens). Ons fasiliteite word so aangewend dat die Junior Nasorgsentrum op sy eie funksioneer asook die Senior Nasorgsentrum. So verseker ons dat die ouderdomsgroepe geskei word en ook hul eie speelgronde het.
Vakansieprogram
‘n Interessante vakansieprogram propvol pret word gedurende vakansietye aangebied. Hierdie diens word teen geen ekstra fooi aangebied. Die maats genit dit vreeslik.
Kom kuier gerus en jy sal wens om weer ‘n kind te kan wees by Ietzi Pinkz… Ietzi Groenz…
Is jy opsoek na 'n kleuterskool wat?
- Jou en jou kind by die naam sal ken
- Wat jou kind ‘n voorsprong sal verseker bo maats van dieselfde ouderdom deur die volg van ‘n nagevorsde kurrikulum met internasionale standaarde
- Wat jou kind sal stimuleer op intellektuele, sosiale, emosionele, fisiese en Christelike vlak
- Jou en jou kind sal verstaan
- Jou kind se veiligheid sal verseker
- Se onderwyseresse bekwaam en toegewyd is met jare se ondervinding en die beste opleiding
- Jou kind van 4 maande af kan akkommodeer tot en met Graad 7
- Aparte speelgronde het waar elke kleintjie saam met sy maats kan speel
- Se gras altyd groen is
- Se hoof en skool bestuurders deurentyd betrokke is
- Terapiesentrums op die perseel het
- Jou kind sy volle potensiaal laat bereik
- Jou kind voortdurend evalueer en aanbevelings word gemaak
- Se kinders gelukkig is
Welkom!
Skakel ons vandag om jou kleintjie se plek te verseker.
missie
Ons missie is om die volgende te bied:
- ‘n Veilige hawe te skep vir alle kleuters
- Die babas/peuters geestelik, verstandelik en liggaamlik voor te berei vir die wêreld daar buite
- Alle babas/peuters intellektueel optimaal te bevoordeel deur ons ontwikkelingsprogram
- Gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning te bied vir babas/peuters.
beleid
Ons streef na die handhawing, beskerming en bevordering van:
- Christelike waardes met die erkenning en beskerming van vryheid van geloof
- Afrikaans as amptelike voertaal en onderrig medium
- Onderrig en akademiese standaarde
- Die daarstelling van ‘n huislike omgewing
- Liefdevolle aandag
- Die uitbouing en beskerming van die karakter en etos van die skool
- Die harmonieuse ontwikkeling van die leerder ten opsigte van geestelike, fisiese en intellektuele welsyn, sowel as die bevordering van sy sosiale, estetiese, morele en Godsdienstige vorming
- Volkome skoolgereedheid met skooltoetrede (doen ook gereedheidstoetse)
- Die uitbouing van venootskappe: Ek streef na hartlike samewerking tussen onderwysers, ouers en leerders
