Tantrums
Dit skree, dit skop, dit stamp die voete, dit val op die grond, ‘n Johnny Clegg konsert? Nee, dit is jou eie vlees en bloed wat vir jou die pragtigste “tantrum” gooi!
Dit skree, dit skop, dit stamp die voete, dit val op die grond, ‘n Johnny Clegg konsert? Nee, dit is jou eie vlees en bloed wat vir jou die pragtigste “tantrum” gooi!
Die sekuriteit van ‘n kombersie, speelding, beertjie of enigiets wat ‘n kind gemoedsrus gee moet met sensitiwiteit benader word. Hierdie sekuriteitsvoorwerpe verskaf jou kind van emosionele sekuriteit en dit verduidelik hulle afhanklikheid daaraan…
Sekuriteitskombersie Read More »
Daar is omtrent sewe miljoen kinders wat elke aand hulle bed natmaak. Dit is ‘n groep kinders wat heeltemal misverstaan word.
Piepie in die Kooi Read More »
In die meeste huisgesinne word daar lank voor die tyd beplan aan die toevoeging van n nuwe lid aan die huisgesin. Daar word finansies bespreek, die nuwe kamer, die ekstra maandelikse uitgawes ens. Die nege maande wat volg is gewoonlik meer as genoeg om aan al die materialistiese behoeftes te voorsien van die nuwe baba, maar maak nie saak hoe goed jy voorbereid is nie as die jou tweede kind is kan jy verskillende reaksies verwag van jou eersgeborene!
Nuwe Baba in die Huis Read More »
Egskeiding self is nie altyd negatief nie. Die gedrag van die kinders is meer as gereeld negatief a.g.v. die gevoel van onsekerheid oor wat gaan gebeur na die egskeiding.
Om op jou kinders te skreeu is ‘n gewoonte wat ongemerk deel van kinders-grootmaak word. Maar hoe om uit die gewoonte te kom? Om ‘n kind groot te maak sonder skreeu is makliker gesê as gedaan, sal menige ma van ‘n woelige kleintjie wat net nie ore het nie jou vertel.
Dissipline Sonder Skree Read More »
Vir ure na die insident kon ek nog die merke gesien het van waar die een seuntjie die ander een gebyt het . Blykbaar het een van die maaitjies gefrustreerd geraak en die ander een net ‘n vinnige hap gegee om die situasie te probeer verduidelik. Miskien het die een seuntjie met ‘n speelding gespeel wat die ander een graag wou hê, of miskien het die een maatjie die ander maatjie se karretjie geneem, sonder permissie natuurlik. Wie sal weet wat gaan aan in die brein van ‘n 18 maande oue kind?
Wanneer ’n geliefde baie siek word of sterf, is dit ’n moeilike tyd vir almal in die gesin. Hoewel ouers dikwels hul kinders die pyn van die dood wil spaar, is dit dikwels nie die beste benadering nie.
As ‘n geliefde sterf Read More »