Kosfiemiese
Die regte voedingstowwe in die regte hoeveelhede is van kritieke belang in jou kind se eerste lewensjare sodat hy goed sal groei en ontwikkel– daaroor stry niemand nie, maar in Suid-Afrika lyk die prentjie nie goed nie.
Die regte voedingstowwe in die regte hoeveelhede is van kritieke belang in jou kind se eerste lewensjare sodat hy goed sal groei en ontwikkel– daaroor stry niemand nie, maar in Suid-Afrika lyk die prentjie nie goed nie.
“…maar Ferdinant, ek weet hoe om my kind te dissiplineer. Ek doen dieselfde as wat my ouers met my gedoen het en ek het nie te “bad” uitgedraai nie…” se die Pa vir my.
Kinders Grootmaak Met Leiding Read More »
Dissipline, ‘n gelaaide woord wat sekerlik gemengde gevoelens by die meerderheid van die mensdom ontlok! ‘n Versugting in die harte van bekommerde ouers en opstandige verwerping deur rebelse tieners. En tog, watter voortreflike resultate kan dit nie oplewer nie…
Om op jou kinders te skreeu is ‘n gewoonte wat ongemerk deel van kinders-grootmaak word. Maar hoe om uit die gewoonte te kom? Om ‘n kind groot te maak sonder skreeu is makliker gesê as gedaan, sal menige ma van ‘n woelige kleintjie wat net nie ore het nie jou vertel.
Dissipline Sonder Skree Read More »
Vir ure na die insident kon ek nog die merke gesien het van waar die een seuntjie die ander een gebyt het . Blykbaar het een van die maaitjies gefrustreerd geraak en die ander een net ‘n vinnige hap gegee om die situasie te probeer verduidelik. Miskien het die een seuntjie met ‘n speelding gespeel wat die ander een graag wou hê, of miskien het die een maatjie die ander maatjie se karretjie geneem, sonder permissie natuurlik. Wie sal weet wat gaan aan in die brein van ‘n 18 maande oue kind?
Vir menige ouer is hierdie die tydperk waar jou geduld die MEESTE getoets word. Nie net is dit irriterend nie maar ook uiters normaal en almal beleef dit op een of ander tydperk van hulle kinders se ontwikkeling.
Die Hoekom Stadium Read More »
Die manier waarop jy jou kind motiveer kan die verskil tussen sukses en mislukking vir hom/haar beteken. Dit is belangrik om hulle van jongs af te leer om verantwoordelik te wees. Ons motiveer hulle deur ‘n beloningstelsel, in werking te stel sodat hulle kan leer wat die verskil is tussen positiewe en negatiewe gedrag is.