- Die manier waarop jy jou kind motiveer kan die verskil tussen sukses en mislukking vir hom/haar beteken.
- Dit is belangrik om hulle van jongs af te leer om verantwoordelik te wees.
- Ons motiveer hulle deur ‘n beloningstelsel, in werking te stel sodat hulle kan leer wat die verskil is tussen positiewe en negatiewe gedrag is.
- Positiewe motivering is enige gedrag wat hulle ‘n rede gee om hulle volle potensiaal/beste te bereik. (kan verbale aanmoediging/belonings wees).
- Ons probeer hulle leer (van kleins af) dat negatiewe gedrag tot negatiewe aksies lei en positiewe gedrag tot positiewe aksies. (Sekere gedrag het sekere gevolge).
- Alle mense werk graag vir ‘n beloning of dit nou erkenning beter salaris, bonus/spesiale erkenning of toekenning is – net so is ‘n beloning ‘n uitstekende manier om gewenste gedrag by ‘n kleuter aan te moedig
- Ons gebruik die beloningskaart (spogkaart)
- Verbale aanmoediging
- Belonings
- Dit help ons om kleuters tot beter gedrag te lei- Leer hulle om te werk na dinge wat vir hom/haar belangrik is. Leer hulle van aksie en reaksie. Help kinders weet wat aanvaarbare/regte gedrag is. Moedig kleuters aan om reels te onthou, en verantwoordelikheidsin te ontwikkel.
- Bou jul kleingoed met positiewe erkenning
- Bou ‘n innerlike trots…….
- Ek is trots met DIT wat ek bereik het
- ‘n Gelukkig kleuter is geneig om beter te presteer en verantwoordelik op te tree



