Baba, Kleuter- en Naskoolsentrum
Kampusse
Sport
‘n Aktiewe kind is ‘n gelukkige kind. Ietzi Pinkz Ietzi Groenz is ‘n ontgunningsentrum waar ons deur middel van beweging en sport ontwikkel. Alle maatjies kry onderrig in sport (2 halfuur sessies per dag). Ietzi Pinkz Ietzi Groenz glo daarin dat alle leerders bevoordeel moet word deur die toepassing van die korrekte stimulasie en dus het ons die Sport- en Swemskool om stimulasie te bied. Ons glo nie daarin om ‘n magdom van buitemuurse aktiwiteite aan te bied nie, maar slegs dit wat ons glo die leerders by sal baat. Die algemene buitemuurse aktiwiteite soos playball, ballet, dans ens. word deur kontrakteurs aangebied, maar is nie ingesluit by die skoolfonds nie. Ietzi Pinkz Ietzi Groenz glo dat indien die mees belangrikste aktiwiteite saam met die skoolfonds ingesluit word, alle leerlinge daarby sal baat dus het ons ‘n spesiale program ontwerp vir ons inhuis sportskool. Verskeie sportsoorte word in “sporthokke” aangebied en deurlopende evaluasies word gedoen.
Sportskool
Aktiwiteite word aangebied op ‘n rotasiebasis waarby die volgende op gefokus word:
- Vryspel
- Sport
- Sandspel
- Klim aktiwiteite
- Grootmotoriese vaardighede
- Fynmotoriese vaardighede
- Fietsiebaan
- Tennisbaan
