Baba, Kleuter- en Naskoolsentrum
Kampusse
Naskoolsentrum
Nie almal is deesdae meer so bevoorreg om hulle kinders in die middag by die skool te gaan haal en met tuiswerk te help nie en juis daarom het Ietzi Pinkz Ietzi Groenz ‘n naskoolsentrum gestig wat ouers sal help met die veilige versorging van hulle kinders in die middae. Die leerders word by die Laerskool gekry en Naskoolsentrum toe geneem. Ouers moet egter let dat ons nie net die leerders versorg deur hulle magies vol te kry nie… Ons is ‘n tenvolle toegeruste Naskoolsentrum wat beskik oor die vermoë om leerders te lei met hulle daaglikse huiswerk, take en toetse, onderwyseresse wat jare se ondervinding het met die leiding van onafhanklike leer. Ons beskik ook oor ‘n rekenaarafdeling sodat leerders navorsing kan doen vir take. Ons assisteer selfs met die uitdruk van die take. Ongelukkig word hierdie fantastiese diens slegs aangebied vir leerlinge van Laerskool Rooihuiskraal Gr 1 – Gr 7.
Belangrike punte:
- Vervoer word verskaf vanaf die skool na die naskool.
- Gebalanseerde middagete en koeldrank word voorsien met ‘n smulhappie later in die middag.
- Indien ‘n student vervoer moet word na ‘n buitemuurse aktiwiteite soos bv karate wat nie by die skool aangebied word nie kan dit gereël word, teen ‘n minimale fooi.
- Individuele aandag met klein klassies.
- Opgeleide personeel met jare se ondervinding.
- Ekstra studiewerk word vir sterker en swakker leerlinge aangebied.
- Vakansieprogram word aangebied (ingesluit by fooi).
- Eksamentye word professioneel benader, met vraestelle ens.
- Rekenaarsentrum met internet toegang vir navorsing met take.
- Ouer studente het hulle eie afgesonderde studiehokkie.
Vervoer
Indien leerders aktiwiteite by Laerskool Rooihuiskraal het, word hulle met ‘n bussie soontoe geneem en weer opgelaai. Ons bussiediens is ook teen ‘n ekstra fooi beskikbaar per aktiwiteit wat in die omgewing aangebied word (bv karate, dans, lees, ens.)
Terapiesentrums
Ietzi Pinkz Ietzi Groenz Naskoolsentrum beskik oor fasiliteite om jou kleinding te help indien daar ontwikkelings agterstande is. Hoogs gekwalifiseerde Remediërende Onderrig personeel is beskikbaar op perseel (vir ouers se rekening).
