Baba, Kleuter- en Naskoolsentrum
Kampusse

Kleuters

Ons vyf kampusse skei die kleingoed sodat elke kind met gemoedsrus kan groei tot sy volle potensiaal.

Ons kleuterafdeling is regtig iets besonders. Met die nodige stimulasie, blootstelling en inoefening vergroot ons, ons maatjies se leefwêreld ongelooflik. Behalwe vir ons unieke kurrikulum het ons ook die mees belangrikste aktiwiteite vir maksimale ontwikkeling ingesluit by ons kurrikulum. Aktiwiteite ingesluit by ons skoolfooie is Kinderkinetika, Klasmusiek, Kreatiewe Kuns, Sport en Rekenaars.

Hierdie aktiwiteite word deur buite–kontrakteurs aangebied en is van kardinale belang. Hierdie aktiwiteite word deur Ietzi Pinkz Ietzi Groenz vereffen.

Elke ouderdomsgroep is toegerus met sy eie:

  • eetsaal
  • fynmotoriese area
  • algemene speelgrond
  • sportgrond
  • badkamers

Tassensoriese vertrek en kinderkinetika speelgronde.

Hierdie twee speelareas is van kardinale belang en daarom kry al ons kleutermaatjies die geleentheid om dié areas 2 keer per week te gebruik. Daagliks kry al ons maatjies ook sportontwikkeling klassies.

Scroll to Top