Baba, Kleuter- en Naskoolsentrum
Kampusse
Graad R
IPIG Kleuterskool is nog een van die bevoorregte kleuterskole wat nog aan ons ouers ‘n Graad R kan bied. Hierdie resepsiejaar (Graad R) maak deel uit van die Departement Basiese Onderwys se strategieë om Suid-Afikaanse kinders se skoolprestasie ‘n hupstoot te gee. Navorsing toon dat kinders wat voor Graad 1 aan stimulerende aktiwiteite blootgestel word, deur hul primêre en sekondêre skooljare heen, akademies beter presteer. Daarom fokus die Departement só sterk, op leer in Graad R.
Hierdie voorbereidende fase is kardinaal vir Graad 1 aangesien die tempo deurlopend in die jaar verhoog word om die kleuters voor te berei vir die jaar wat voorlê. Ons aktiwiteite is ontwerp in ooreenstemming met die vereistes van uitkomsgebaseerde onderwys. Dit voorsien aan studente die geleenheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Graad R vorm die brug tussen die student se voorskoolse ervarings en die formele skoolstelsel. Ons onderwyseresse benut leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde om studente se behoeftes en tekortkominge só te identifiseer. Aan die hand hiervan beplan hulle dan leergeleenthede en aktiwiteite waardeur die student hierdie uitkomste kan bereik.
Graad R Naskool
Ons bied ook ‘n fasiliteit aan ons Gr R maats wat Gr R by die Laerskool Rooihuiskraal bywoon.
Ons doen met hierdie maatjies daagliks ‘n uur akademie waarin ons sekere konsepte inoefen. Die Gr R Swartmiermaatjies kry by hul skoolfonds ingesluit:
- swemles (1 x weekliks)
- rekenaars (1 x weekliks)
- sportprogram (daagliks)
Onderwyseresse
Ons onderwyseresse is uiters bekwaam om ons leerders daardie ekstra hupstoot te gee bo ander leerders. Kinders wat in ons Graad R afdeling aanbly instede van om oor te beweeg na die Laerskool se Graad R word bevoordeel deurdat:
- Daar geen aanpassingsprobleme is nie, aangesien die kleuterskool bekend is.
- Die onderwysers is bekend met die student se geskiedenis aangesien die inligting vanaf sy/haar vorige onderwysers deurgegee is.
- Klassies is klein om individuele aandag te verseker.
- Probleme wat reeds in die vorige fases geïdentifiseer is kan dadelik aangespreek word.
- Die student het geen ontwrigting deur na die naskoolsentrum geneem te word nie.
- Die student is op ‘n aparte kampus saam met sy eie portuurgroep waar geen intimidasie kan plaasvind nie.
- Ons kinderkinetikuste het wat die maats voortdurend evalueer en aanbevelings maak.
- Blokfluit deel uitmaak van hul musiekaanbieding.
- In kreatiewe kunsperiode het ons ‘n gekwalifiseerde kunsonderwysers “hoe om te teken” wat ons maats leer.
Graad R Opedag 2023
IPIG se Graad R Opedag was propvol pret en lekker aktiwiteite. Ons Blouklas en Pienkklas maatjies is deur die Persklas maats touwys gemaak vir die lekker wat nog voorlê… Loer gerus na die fotos om te sien wat ons op die dag aangevang het.






































